Wat is homeopatie
Homeopatie is 'n alternatiewe medisyne stelsel wat in 1796 deur die Duitse geneeskundige Samuel Hahnemann begin is.
Die basiese beginsel van die homeopatie is "gelyksoortig behandel gelyksoortig", waar 'n stof wat sekere simptome sou veroorsaak in 'n gesonde persoon, se eienskappe gebruik word om dieselfde simptome in 'n siek persoon te genees.
Daar word verder ook baie gefokus om die oorsaak te behandel en nie die simptome nie.
Dit veroorsaak dat behandeling op ‘n holistiese vlak plaasvind.
Meer inligting is beskikbaar op HSA se webwerf by: www.hsa.org.za